Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kyrgios kap terug ná Rafter se kritiek

Nick Kyrgios het sy landgenoot Pat Rafter as onpatrioties gebrandmerk nadat dié voormalige Amerikaanse Ope-tenniskampioen gesê het die Beroepspelersvereniging (ATP) moet hom (Kyrgios) skors.

Nick Kyrgios. Foto: Getty Images

Volgens Kyrgios, een van die mees omstrede figure in tennis, is Rafter “lief daarvoor om mede-Australiërs vir die wolwe te gooi”.

Rafter het vroeër gesê die integriteit van tennis is belangriker as die profiel van enige speler en dat Kyrgios derhalwe uit die spel geskop moet word.

Dít volg nadat Kyrgios onlangs met $113 000 beboet is ná ’n tirade, waarin hy ’n skeidsregter gevloek en in sy rigting gespoeg het, asook twee rakette stukkend geslaan het.

Hy het onlangs by die Amerikaanse Ope – in reaksie op die boete – die ATP as korrup bestempel.

Pat Rafter. Foto: Getty Images

Kyrgios het hom ná Rafter se kritiek op Twitter verdedig en gesê oral waar hy speel, is die paviljoene vol en maak die toernooi se organiseerders geld.

Ondanks die swaard van ’n skorsing wat oor sy kop hang, sal Kyrgios die naweek in die Laverbeker-spankompetisie in Genève, Switserland, in aksie wees. – Sport24.co.za, Metro.co.uk

Meer oor:  Tennis  |  Atp  |  Nick Kyrgios
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.