Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kyrgios kap Zverev oor rinkinkery

Die Australiese tennisspeler Nick Kyrgios het Alexander Zverev kwaai gekritiseer nadat ’n video wys waarin die Duitser Sondag in ’n volgepakte klub partytjie hou.

Grigor Dimitov van Bulgarye en Alexander Zverev van Duitsland by die Adria-toernooi in Belgrado, Serwië. Foto: Reuters

Zverev (23) het onlangs aan Novak Djokovic se omstrede Adria-toernooie in Serwië en Kroasië deelgeneem.

Hy en sy span is negatief vir die koronavirus getoets en hy het daarna beloof om in isolasie te gaan.

Net enkele dae later het hy partytjie gehou in ’n klub in Monaco.

Djokovic, Goran Ivanisevic, sy afrigter, en medespelers Grigor Dimitrov, Borna Coric en Viktor Troicki is almal positief getoets.

Die Duitse ontwerper Philipp Plein het die video op Instagram geplaas, maar later verwyder. Zverev is egter ook op ander video’s en foto’s gesien.

“Ek word vanoggend wakker en ek sien nog meer omstrede gebeure in die wêreld,” sê Kyrgios op Instagram.

“Een daarvan het uitgestaan: Weer Sascha Zverev (sy bynaam in tenniskringe is Sascha). Hoe selfsugtig kan jy wees?”

Kyrgios het vroeër die organiseerders van die Adria-toernooie gekritiseer en gekap na beheerliggame wat planne maak om tennis te laat hervat te midde van die Covid-19-pandemie.

Serwië en Kroasië se maatreëls is verslap en Djokovic het gesê hy het gevoel almal sal veilig wees.

Volgepakte paviljoene in Belgrado het egter tot kritiek gelei. Die spelers het mekaar omhels, vir foto’s geposeer, nuuskonferensies bygewoon en basketbal gespeel.

Zverev en ander spelers het ook in Serwië in ’n klub gedans.

“As jy vermetel genoeg is dat jou bestuur namens jou jammer sê en dat jy vir 14 dae gaan selfisoleer, wees vermetel genoeg om vir 14 dae binnenshuis te bly,” sê Kyrgios.

Zverev het nog nie kommentaar gelewer nie.

Sommige kenners meen egter sy optrede en dié van ander spelers tydens Djokovic se toernooi kan tennisowerhede noop om ’n Covid-19-gedragskode vir spelers op te stel, wat hulle in staat sal stel om oortreders, wat ander se gesondheid in gevaar stel, te kan straf. – Reuters, Sportredaksie 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.