Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kyrgios kritiseer Tsitsipas se ‘swak idee’
Nick Kyrgios en Stefanos Tsitsipas op die Citi-Ope in 2019. Foto: Getty Images

Die omstrede Aussie-tennisster Nick Kyrgios meen Stefanos Tsitsipas se voorstel oor ’n reëlverandering wat afrigting betref, is ’n “swak idee”.

Die Griek Tsitsipas, vierde op die wêreldranglys, glo spelers moet toegelaat word om “op elke punt” afrigting van hul breiers te ontvang.

Afrigters word in die ATP-reeks en op Grand Slam-toernooie verhoed om hul spelers gedurende wedstryde by te staan. Die WTA-reeks laat spelers toe om hul afrigters een keer per stel op die baan te raadpleeg, terwyl daar ook in 2020 ’n proeflopie gedoen is met afrigting vanuit die paviljoene.

Tsitsipas se mening is deur TennisTV op sosiale media gedeel en Kyrgios was vinnig om ’n eiertjie te lê.

“Gewoonlik pla sy (Tsitsipas) se idees my min, maar hierdie een is swak,” het Kyrgios, 56ste op die ranglys, gesê.

Tsitsipas, deeglik bewus van die feit dat Kyrgios weier om ’n afrigter aan te stel, het met humor gereageer: “Ek sal vir jou ’n breier kry, moet jou nie daaroor bekommer nie.”

Kyrgios, wat nie op sy bek geval is nie, was nog nie klaar nie en het geantwoord: “Ek het skynbaar goed gedoen teen jou sonder een my ou, ha-ha, maar die prag van tennis is dat jy op jou eie meeding.

“Sommige spelers verkies om nie ’n afrigter te hê nie, ander kan eenvoudig nie een bekostig nie. Dit is ’n gelyke speelveld op die tennisbaan. Ek dink dit is die prag van die sport.”

Tsitsipas het Kyrgios se punt ingesien, maar aangehou om sy saak te stel: “Dis waar. Ek verstaan jou punt, maar ek moet jou herinner dat die meerderheid breiers hul spelers ten spyte van die reëls steeds gedurende wedstryde afrig.

“Hoekom moet afrigters wat voel dit is nodig om met hul spelers te praat of hulle raad te gee gestraf of beboet word?”

Kyrgios het in albei sy vorige kragmetings teen Tsitsipas met 7-6 in die derde stel geseëvier – in Washington in 2019 en in die ATP-beker in 2020.

– Sportredaksie

Meer oor:  Stefanos Tsitsipas  |  Tennis  |  Nick Kyrgios
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.