SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tennis
Kyrgios met R1,7 m. beboet vir vloermoer
Nick Kyrgios kan moontlik geskors word buiten die boetes wat hy by die ATP ontvang het. Foto: Getty Images

Die omstrede Aussie Nick Kyrgios is met $113 000 (R1,7 miljoen) beboet vir sy jongste uitbarsting op die tennisbaan.

Kyrgios het Woensdag in die tweede ronde van die Cincinnati-meesterstoernooi sonder toestemming die baan verlaat om twee rakette stukkend te slaan. Hy het ook sy skoene tussen die toeskouers ingegooi en boonop in die skeidsregter se rigting gespoeg nadat hy hom ’n “f***** p***” genoem het en geweier het om sy hand te skud.

Nick Kyrgios stry met die skeidsregter Fergus Murphy by die Cincinnati-meestertoernooi. Foto: ESPN

Die Vereniging van Beroepstennisspelers (ATP) sê in ’n verklaring die swaar straf sluit in ’n klompie individuele boetes vir onder andere hoorbare obseniteit en onsportiewe gedrag in sy nederlaag teen die Rus Karen Khachanov.

Kyrgios (24) is gewaarsku dat hy moontlik nóg ’n skorsing uit die sport kan verwag sodra die ATP ’n deeglike ondersoek na die saak afgehandel het.

“Buiten die boete stel die ATP ook ondersoek in na die gebeure tydens en onmiddellik ná die wedstryd om vas te stel of ’n bykomende sanksie geregverdig is,” sê die beheerliggaam in ’n verklaring.

“Dit kan lei tot ’n bykomende boete en/of ’n skorsing.”

Die beeldmateriaal onderaan wys Kyrgios, wat vanjaar ook in ’n vete met die wêreld se top-twee spelers, Novak Djokovic en Rafael Nadal, betrokke is, se tirade.

View this post on Instagram

??

A post shared by NK (@k1ngkyrg1os) on

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Nick Kyrgios
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.