Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kyrgios ook uit Amerikaanse Ope

Die Aussie Nick Kyrgios het hom Sondag aan die Amerikaanse Ope onttrek en het ander spelers weer eens gekritiseer wat tydens die koronavirus-pandemie tennis speel en “gesondheidsadvies ignoreer”.

Die Australiese tennisspeler Nick Kyrgois gaan nie later die maand in die Amerikaanse Ope in aksie wees nie. Foto: Getty Images

Kyrgios se landgenoot Ash Barty, die voorste vrou in wêreldtennis, het haar ook verlede week aan die toernooi, wat van 31 Augustus tot 13 September plaasvind, onttrek.

“Ek sal nie vanjaar aan die Amerikaanse Ope deelneem nie,” sê Kyrgios in ’n video op sosiale media.

“Dit maak my hartseer dat ek nie in een van die grootste arenas, die Arthur Ashe-stadion, kan meeding nie.

“Ek is uit, want ek doen dit vir die mense, my Aussies en die honderde en duisende Amerikaners wat hul lewens (in die Covid-19-pandemie) verloor het.

“Ek doen dit vir julle en dít is my besluit.”

Kyrgios sê hy gee nie om dat die toernooi aangebied word en ander spelers deelneem nie, “solank almal gepas optree en veilig is”.

Dié 25-jarige sê hy besef daar is werknemers soos restaurantpersoneel en skoonmakers wat graag wil hê dat die toernooi moet plaasvind.

Hy het egter nóg ’n gehou gemik na ander spelers wat vroeër in Novak Djokovic se omstrede Adria-vertoonreeks in Serwië en Kroasië in aksie was.

Djokovic, Borna Coric, Grigor Dimitrov en Viktor Troicki is almal met die virus besmet en die reeks is later afgelas.

“Tennisspelers moet in almal se belange optree en saamwerk.

“Jy kan nie oor die hele Europa heen vertoonwedstryde hou om vinnig geld te probeer maak nie. Dit is selfsugtig.

“Dink ’n bietjie vir ’n slag ook aan ander. Dít is waaroor die virus gaan,” sê Kyrgios. – Reuters

Meer oor:  Nick Kyrgios  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.