Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kyrgios wil kos vir honger mense aflewer

Hy staan gewoonlik bekend as tennis se stout seun, maar die Australiër Nick Kyrgios het Maandag weer sy mededeelsaamheid gewys.

Hy het belowe om kos by mense se voordeur af te lewer wat nood het in die tyd van die Covid-19-pandemie.

Die Australiese tennisspeler Nick Kyrgios. Foto: Getty Images

Kyrgios is al dikwels in die verlede beboet en geskors vir sy woede-uitbarstings en gevloek op die baan.

Vroeg vanjaar het hy egter in ’n held verander toe hy tydens die verwoestende veldbrande in Australië ’n veldtog begin het om miljoene dollar vir noodlenigingswerk en vir slagoffers in te samel.

Kyrgios sê op Instagram met die onderskrif “ware gesprek”: “Enigeen wat nie werk of ’n inkomste het nie, of nie kos het nie, of ’n moeilike tyd beleef, asseblief moenie met ’n honger maag gaan slaap nie.

“Moenie bang of verleë voel om vir my ’n private boodskap te stuur nie. Ek sal deel wat ek het.

“Selfs al is dit net noedels, brood of melk. Ek sal dit by jou voordeur aflewer en geen vrae vra nie.”

Die 24-jarige Kyrgios is by sy huis in Canberra met die tennisaksie wat waarskynlik eers weer in Julie sal begin. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Nick Kyrgios  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.