Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Franse Ope laat Laverbeker-base briesend
Die Europese span wat verlede jaar die Laverbeker behou het. Foto: Getty Images

Die organiseerders van die Laverbeker het uitgevaar omdat die uitgestelde Franse Ope nou met die jaarlikse spantennis-toernooi gaan bots.

Die Franse Ope is die eerste Grand Slam-toernooi wat uitgestel is vanweë die Covid-19-pandemie. Dit is van Mei uitgestel en sal nou van 20 September tot 4 Oktober plaasvind.

Dit beteken dat dit met die toernooi om die Laverbeker gaan oorvleuel. Dié toernooi is veronderstel om van 25-27 September in Boston gespeel te word.

Dié kragmeting tussen ’n Europese span en die Wêreldspan word vanjaar vir ’n vierde keer gehou. Die Europeërs het al drie die eerste toernooie gewen.

Die kaartjies vir vanjaar se toernooi is reeds uitverkoop en die organiseerders is daarom te verstane omgekrap met die Franse Ope se organiseerders.

Dié aankondiging (dat die Franse Ope skuif) was ’n verrassing vir ons en ons vennote – Tennis Australië, die USTA en die ATP.

“Dié aankondiging (dat die Franse Ope skuif) was ’n verrassing vir ons en ons vennote – Tennis Australië, die USTA en die ATP,” het hulle in ’n verklaring gesê.

“Dit laat baie vrae ontstaan, en ons evalueer die situasie.

“Ons wil op hierdie stadium net ons ondersteuners, borge, die uitsaaiers, personeel, vrywilligers, spelers en die stad van Boston laat weet ons beplan om die toernooi te hou soos tans geskeduleer.”

Die Franse Ope het hom ook die gramskap van die Amerikaanse Ope en verskeie ander op die hals gehaal vir sy skielike besluit.

Die Franse Ope is daarvan beskuldig dat hy selfsugtig en onafhanklik optree wanneer tennis moet saamwerk.

Raul Zurutuza, hoof van die Acapulco Ope, het op Twitter ook mond uitgespoel oor die skuif van die Franse Ope en het dit as verraderlik en selfsugtig beskryf.

“Dit wys net die minagting teenoor die ander toernooie op die toer en blykbaar ook die spelers, want hulle is nie geraadpleeg nie.”

Verskeie spelers het ook uitgevaar omdat hulle nie geken is in die saak nie en dit op Twitter moes lees.

Die USTA, organiseerders van die Amerikaanse Ope, sê hulle oorweeg in die ongekende tye ook nog hul opsies wat die moontlikheid insluit van ’n skuif na ’n later datum. – Sportredaksie, TeamTalk, tennis365.com

Meer oor:  Parys  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Laverbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.