Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Lego-bouery deel van Iga se wenresep

Een van tennis se blinkste jong sterre, die 19-jarige Iga Swiatek, het ’n geheime wapen in haar arsenaal: Lego.

Dié jong Pool het die afgelope naweek in Adelaide die tweede WTA-trofee in haar loopbaan verower. Die eerste was natuurlik die Franse Ope verlede jaar toe sy die jongste vrouespeler sedert Monica Seles in 1992 was wat op Roland Garros se kleibane getriomfeer het.

Die Poolse tiener Iga Swiatek die afgelope naweek op pad om haar titelsege in Adelaide te verower. Foto: Getty Images

Een van die hulpmiddele wat Swiatek inspan om vir haar wedstryde voor te bereik is om ingewikkelde Lego-konstruksies te bou.

Swiatek het al dikwels gesê haar sportsielkundige, Daria Abramowicz, het haar baie gehelp om geestelik sterk en helderdenkend in intense wedstryde te bly.

Die bou van Lego-modelle vorm deel van dié sielkundige voorbereiding, sê Swiatek, wat nou die 15de posisie op die wêreldranglys (die beste in haar jong loopbaan) beklee.

“Daria het met die plan vorendag gekom om Lego-modelle te bou, en ek dink dis perfek vir hoe my brein werk, want ek is ’n persoon wat daarvan hou om logies te dink,” het sy aan verslaggewers gesê nadat sy die Adelaide International-toernooi gewen het.

“Ek het in Melbourne (waar sy verlede maand aan die Australiese Ope deelgeneem het) twee houtmodelle gebou, wat ek saam met my van Pole af gebring het. Dit was nogal vreemd, want ek het ’n tas vir my tennistoerusting en die twee modelle in my hand gehad as bagasie.

Swiatek het gesê sy sal seker nie meer te lank aanhou om Lego-modelle te bou nie, maar volgens haar is dit pret en moet mense dit probeer.

Dié Pool het verlede jaar die eerste vrou sedert Justine Henin in 2007 geword wat die Franse Ope-titel gewen het sonder om ’n enkele stel in die toernooi af te staan.

In Adelaide het sy dié prestasie herhaal en trouens net 22 potte in die toernooi verloor.

Toe sy in Suid-Australië die kwarteindronde gehaal het, was dit die eerste keer dat sy so ver in ’n hardebaan-toernooi gevorder het. Sy meen egter nie dat sy ’n speler is wat beperk word deur die oppervlak waarop sy speel nie.

“Wanneer ek fisiek en geestelik sterk voel, kan ek enige plek wen,” het sy selfversekerd gesê. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Iga Swiatek  |  Lego
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.