Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Lig aan einde van tonnel vir Boris

Ná twee gevoelige terugslae het die voormalige tennisheld Boris Becker weer iets om oor te glimlag.

Boris Becker / Foto: Getty Images

Dié Duitser wat die wêreld in 1985 as 17-jarige met sy sege by Wimbledon verstom het, is Woensdag deur sy land se tennisvereniging (DTB) as die hoof van manstennis aangestel.

Hy is die taak opgelê om dié eens gewilde sportsoort in Duitsland te laat herleef.

“Boris Becker is met onmiddellike ingang as die hoof van manstennis aangestel en hy sal vir alle aspekte van die spel verantwoordelik wees,” het Ulrich Klaus, president van die DTB, gesê.

Die 49-jarige Becker het ’n moeilike nege maande agter die rug. In Desember het Novak Djokovic hom as sy afrigter die trekpas gegee, nadat hulle saam groot sukses behaal het. Becker en Djokovic se vennootskap het in 2013 begin en het ses Grand Slam-titels vir die Serwiër opgelewer.

En toe, in Junie, is die driemalige Wimbledon-kampioen bankrot verklaar. Becker se oorblywende bates en eiendom moes verkoop word en die opbrengs aan sy krediteure betaal word.

Sy bankrotskap het gespruit uit sy onvermoë om langtermynskuld, wat hy by ’n privaat bankier van Londen aangegaan het, te vereffen.

Becker, wat altesaam ses Grand Slam-titels in sy loopbaan gewen het, was van 1997 tot 1999 Duitsland se Davisbeker-afrigter, maar het destyds nie ’n goeie verhouding met sy land se tennisvereniging gehad nie. 

“Tennis is vir my ’n hartsaak. Dis wat ek die beste doen. Ek hoef nie oor my prestasies as ’n speler te praat nie en ek is trots wat ek as afrigter vermag het,” het Becker oor sy aanstelling gesê.

“Ek is lief vir hierdie sport. Ek is lief vir my land en ek is verheug dat ek weer ’n belangrike rol in Duitse tennis kan speel.”

– Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Boris Becker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.