Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Lloyd kry slae; Malta knoop SA vrouespan
HALLE, GERMANY - JUNE 17: Lloyd Harris of South Af
Lloyd Harris Foto: Getty Images

’n Eerste halfeindstryd in ’n grasbaantoernooi was Suid-Afrika se Lloyd Harris nie Vrydag in Halle, Duitsland, beskore nie.

Die kwalifiseerder Nikoloz Basilashvili van Georgië, wat 30ste op die wêreldranglys is, het hom in ’n taai stryd met 6-4, 7-6(5) uitgeskakel om sy eerste halfeind in Halle te haal.

Harris het 14 kishoue teenoor die drie van die wenner gemoker. Harris het nege daarvan in die eerste stel geslaan en sy afslaanpotte aanvanklik maklik behou.

Hy het in die 10de pot, nadat hy ’n stelpunt afgeweer het, sy afslaanpot verloor, wat die stel aan Basilashvili besorg het.

Harris het met die negende pot van die tweede stel sy eerste deurbraak gehad, maar kon toe nie vasklou aan sy voorsprong nie. Die stel is aan die einde deur ’n valbylstryd bepaal. Basilashvili kom in die halfeindstryd te staan teen Andrey Rublev van Rusland, wat vierde gekeur is.

• Die Suid-Afrikaanse vroue is Vrydag in hul uitspeelstryd teen Malta in die Europa/Afrika-Groep III-toernooi van die Billie Jean Kingbeker-reeks in Litaue gestuit.

Die 19-jarige Delien Kleinhans het met die eerste wedstryd van die kragmeting haar eerste wedstryd van die week verloor. Francesca Curmi het haar met 6-1, 6-1 geklop.

Die ervare Chanel Simmonds het twee wedstrydpunte op 2-5 en 4-5 in die derde stel van haar wedstryd afgeweer, maar Helene Pellicano, wat 21 dubbelfoute begaan het, was uiteindelik met 0-6, 6-2, 6-4 die wenner om dit 2-0 vir Malta te maak. – Sportredaksie


Meer oor:  Tennis  |  Halle  |  Lloyd Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.