Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Lloyd kry sy kans teen Rafa in Washington
Lloyd Harris Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Lloyd Harris gaan Vrydagoggend vroeg (SA tyd) vir die eerste keer in sy loopbaan teen die tennislegende Rafael Nadal te staan kom.

Hy het in vanjaar se Franse Ope ’n stryd op klei teen die Spanjaard net-net misgeloop, maar kom nou in die derde ronde van die Citi-Ope in Washington D.C. op ’n hardebaan teen hom te staan.

Harris het in die tweede ronde teen Tennys Sandgren gespeel toe die Amerikaner hom onttrek het. Harris het in daardie stadium met 6-4, 1-0 voorgeloop.

Die eerste gekeurde Nadal het in sy eerste wedstryd ná die kleiseisoen (hy was nie vanjaar by Wimbledon of die Olimpiese Spele in aksie nie) gesukkel om Jack Sock van Amerika te klop.

Hy het uiteindelik in ’n taai stryd in drie stelle met 6-3, 4-6, 7-6(1) gewen.

Suid-Afrika se Kevin Anderson is vroeër in die eerste ronde deur Jenson Brooksby uitgeskakel. Die jong Amerikaner, wat in hul grasbaan-eindstryd in Newport teen Anderson verloor het, was dié keer met 7-6(4) 6-3 die wenner. – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Lloyd Harris  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.