Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Lloyd saam met Kevin in Aussie Ope

Suid-Afrika se Lloyd Harris het gekwalifiseer vir die hooftrekking van die mansenkelspel in die Australiese Ope.

Lloyd Harris / Foto: Gallo Images

Dié 21-jarige Kapenaar het die veteraan Dustin Brown Vrydag met 6-1, 7-6 (12/10) geklop in die finale kwalifiseringsronde om sy plek te bespreek.

Die toernooi sal Harris se tweede Grand Slam-verskyning wees nadat hy in die eerste ronde van verlede jaar se Amerikaanse Ope vasgeval het.

Harris se teenstander in die eerste ronde moet nog bepaal word.

Harris, die 119de gekeurde speler in die wêreld, sluit hom aan by sy landgenoot Kevin Anderson, vyfde gekeur vir die toernooi.

Vanjaar se Australiese Ope begin Maandag in Melbourne.

– Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Australiese Ope  |  Tennis  |  Lloyd Harris  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.