Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Mak vir Russe, Novak-hulle gaan sweet
Daniil Medvedev se Russiese span lyk na een van die vroeë gunstelinge om die spantoernooi om die ATP-beker te wen. Foto: Getty Images

Rusland, met twee gedugte spelers soos Daniil Medvedev en Andrey Rublev in sy geledere, het die maklikste paadjie tot in die uitspeelronde van die tennis-spantoernooi om die ATP-beker.

Die Russe is in Vrydag se loting saam met Argentinië en Japan in ’n groep ingedeel.

Die spantoernooi is weens die impak van die Covid-19-pandemie vanjaar van 24 tot 12 spanne verklein.

Die lande van die 11 topgekeurde manspelers is saam met Australië in die toernooi in aksie. Dit word van 1 tot 5 Februarie in Melbourne gehou in die week voor die Australiese Ope, wat op 8 Februarie begin.

Die vier wenners van elke groep sal tot die uitspeelrondes deurdring.

Die vierde gekeurde Rusland lyk na die span om te klop. Medvedev het 2020 op ’n hoogtepunt afgesluit toe hy die ATP-eindtoernooi in Londen gewen het. Rublev het op sy beurt verlede jaar die meeste ATP-titels gewen.

Die eerste gekeurde kampioenspan van Serwië het ’n moeilike paadjie. Novak Djokovic se span is in baie sterk groep saam met Duitsland en Kanada geloot.

Duitsland het Alexander Zverev in die sy geledere en die Kanadese het vir Denis Shapovalov en Milos Raonic, wat op hardebane altyd ’n groot faktor is.

Verlede jaar se ander finalis, Rafa Nadal se tweede gekeurde Spaanse span, is saam met Griekeland en Australië in ’n groep.

Dominic Thiem van Oostenryk behoort nie veel teenstand te kry in die groepfase nie. Oostenryk bevind hom in ’n Europese groep saam met Frankryk en Italië.

Elke kragmeting bestaan uit twee enkelspelwedstryde en ’n dubbelspelwedstryd.

Spanne:

Serwië: Novak Djokovic, Dusan Lajovic, Filip Krajinovic en Nikola Cacic.

Duitsland: Alexander Zverev, Jan-Lennard Struff, Kevin Krawietz en Andreas Mies.

Kanada: Denis Shapovalov, Milos Raonic, Peter Polansky en Steven Diez.

Spanje: Rafael Nadal, Roberto Bautista Agut, Marcel Granollers en Pablo Carreno Busta.

Griekeland: Stefanos Tsitsipas, Michail Pervolarakis, Markos Kalovelonis en Petros Tsitsipas.

Australië: Alex de Minaur, John Millman, John Peers en Luke Saville.

Oostenryk: Dominic Thiem, Dennis Novak, Philipp Oswald en Tristan-Samuel Weissborn.

Italië: Matteo Berrettini, Fabio Fognini, Simone Bolelli en Andrea Vavassori.

Frankryk: Gael Monfils, Benoit Paire, Nicolas Mahut en Edouard Roger-Vasselin.

Rusland: Daniil Medvedev, Andrey Rublev, Aslan Karatsev en Evgeny Dosnkoy

Argentinië: Diego Schwartzman, Guido Pella, Horacio Zeballos en Maximo Gonzalez

Japan: Kei Nishikori, Yoshihito Nishioka, Ben McLachlan en Toshihide Matsui. – Sportredaksie, atptour.com

Meer oor:  Australiese Ope  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.