Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Djokovic vir altyd tennis se stout seun’
Novak Djokovic stap die eensame paadjie terug na sy kleedkamer nadat hy Sondag in New York, waar hy by die Amerikaanse Ope in aksie was, gediskwalifiseer is. Foto: Getty Images

John McEnroe het Novak Djokovic gewaarsku dat hy die res van sy tennisloopbaan bekend sal staan as die “stout seun” nadat hy uit die Amerikaanse Ope geskop is toe hy ’n vroulike lynregter teen die keel getref het met die bal wat hy uit woede weggeslaan het.

McEnroe weet waarvan hy praat nadat dieselfde met hom in sy speeldae in ’n Grand Slam-toernooi gebeur het en hy het Djokovic beskuldig dat hy ’n “groentjie-fout” teen die Spanjaard Pablo Carrero Busta begaan het.

Djokovic het enkele ure na die voorval op sosiale media om verskoning gevra.

John McEnroe in ’n woordewisseling met ’n skeidsregter by die Australiese Ope in 1990. Hy is uit dié toernooi geskop ná etlike baanoortredings in ’n wedstryd teen Mikael Pernfors. Foto: Getty Images

Hy was vroeër vanjaar ook in omstredenheid gedompel toe hy te midde van die koronavirus-pandemie ’n toernooi in Serwië en Kroasië aangebied het waarin verskeie spelers positief vir die virus getoets is.

McEnroe glo egter Djokovic gaan nie sommer die jongste omstredenheid oorleef nie.

Hy het aan ESPN gesê: “Ek dink die druk het hom gevang.

“Baie dinge het aangegaan van die baan af en dit het hom geraak en of hy nou daarvan gaan hou of nie, hy gaan as die slegte ou voorgehou word vir die res van sy loopbaan.

“Dit was die fout van ’n groentjie wat hy gemaak het om die bal te slaan waar hy nie gekyk het nie.

“Hy is ervare genoeg om te moes weet hy moet versigtig wees.”

McEnroe was die eerste speler wat uit ’n Grand Slam-toernooi geskop is in die Australiese Ope van 1990, nadat hy verskeie baanoortredings in sy wedstryd teen Mikael Pernfors begaan het.

Hy erken hy wens daar was ’n manier om te kon verhoed dat Djokovic gediskwalifiseer word ná wat gebeur het.

“Ek sou graag wou sê ek verskil met wat gedoen is en dat hy toegelaat moes word om te kon voortspeel, maar dit sou afhang of die lynregter herstel het,” sê McEnroe.

“Ek sou dink dat dit nie doelbewus gedoen is nie en jy wil tog sien dat een van die heel grotes, wat ’n rekord najaag, kan aanhou speel, maar ek besef ook die reëls bepaal dat almal oor dieselfde kam geskeer moet word.”

Dit was ongetwyfeld ’n ongeluk, maar beslis nie die eerste keer dat Djokovic die gevaar loop van so ’n scenario nie.

Tydens die Franse Ope in 2016 het hy sy raket gegooi en amper ’n lynregter getref, terwyl hy ook later dieselfde jaar by die ATP-eindtoernooi gewaarsku is nadat hy ’n bal in ’n woedebui tussen die toeskouers ingeslaan het. – TeamTalk

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Vsa-Ope  |  Amerikaanse Ope  |  John Mcenroe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.