Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Versekering kan spelers uit VSA-ope hou

Andy Murray sê talle spelers moet nog hul deelname aan vanjaar se Amerikaanse Ope bevestig weens hul onsekerheid of hul afrigtingspanne mediese versekering sal kan bekom.

Die Skotse speler Andy Murray is ’n paar weke voor die Amerikaanse Ope bekommerd oor medieseversekeringskwessies. Foto: Getty Images

Dié Grand Slam-tennistoernooi het die groen lig gekry om voort te gaan van 31 Augustus tot 13 September, maar sal sonder toeskouers gespeel word en daar gaan ook streng Covid-19-maatreëls afgedwing word.

Murray, ’n voormalige kampioen by Flushing Meadows in New York, het aangedui hy sal wel na Amerika reis en ook aan ’n opwarmingstoernooi, die Western & Southern Ope, deelneem.

Verskeie ander spelers moet egter nog hul deelname bevestig met die kwarantyn-regulasies, die hoeveelheid lede van hul groepe wat toegelaat sal word in die bio-borrel wat die organiseerders gaan skep en ook mediese versekering, wat aspekte is wat kommer wek.

Murray, ’n Skot en driemalige Grand Slam-wenner, het meer detail gegee oor die versekeringskwessie.

“Net my fisioterapeut en my afrigter sal saamgaan. Die belangrikste kwessie vir hulle is om (mediese) versekering te hê, want die spelers is verseker,” sê hy.

“Daar is aan ons gesê een of twee lede van jou span sal verseker wees, ons weet nie of dit deur die Amerikaanse Tennisvereniging (USTA) of die ATP (Beroepspelersvereniging) gaan wees nie.

“Totdat dit bevestig is, is dit moeilik om in te stem om soontoe te gaan, want as jy iets daar oorkom en ’n paar weke in ’n Amerikaanse hospitaal moet deurbring, kan dit derduisende pond kos. Die versekering is baie belangrik.”

Murray het gepraat kort voordat die wêreld se nr. 2-speler, Rafael Nadal, aangekondig het dat hy hom aan die Amerikaanse Ope gaan onttrek.

Die Australiër Nick Kyrgios het ook vroeër aangedui dat hy weens die Covid-19-pandemie nie na Amerika sal reis nie. – TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Covid-19  |  Amerikaanse Ope  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.