Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Meer as titel vir Simona op spel in Parys
Simona Halep sal weer boaan die wêreldranglys pryk as sy die Franse Ope in Parys wen. Foto: Getty Images

Die voorste plek op die vroue-ranglys in die Franse Ope is binne bereik van Simona Halep, wat as die oorweldigende gunsteling beskou word om met ’n tweede titel op Roland Garros weg te stap.

Die 28-jarige Roemeen, wat wenner in 2018 was, kan Australië se Ashleigh Barty onttroon as sy weer wen. Barty, verlede jaar se wenner, het soos met die afgelope Amerikaanse Ope besluit weer om tuis te bly. Dit is as gevolg van vrese oor die koronavirus, maar ook omdat sy weens die streng reisbeperkings tussen state in Australië nie saam met haar afrigter kon oefen nie.

Naomi Osaka, die kampioen in die onlangse Amerikaanse Ope, het haar ook onttrek, wat beteken dat twee van die voorste drie vroue nie in Parys in aksie gaan wees nie.

Die hooftoernooi begin Sondag.

Halep wil egter nie sake vooruit loop nie.

“Dit sal wonderlik wees om weer die voorste speler te wees, maar ek kan nie nou al aan die titel dink nie. Ek sal egter my bes doen, want dis wel iets wat ek koester,” sê Halep, wat in Januarie 2019 laas die voorste speler ter wêreld was.

Halep, eerste gekeur, behoort te borrel van selfvertroue. Sy het haar laaste 14 wedstryde gewen en het met twee kleibaantitels in die Franse hoofstad aangekom nadat sy in Praag én Rome die wenner was.

Sy kan in die derde ronde te staan kom teen Amanda Anisimova van Amerika, wat haar verlede jaar in die kwarteindstryd geklop het.

Halep kan ook in die vierde ronde paaie kruis met verlede jaar se finalis Marketa Vondrousova van Tsjeggië, wat verlede week die halfeindronde van die Italiaanse Ope in Rome gehaal het.

Halep het in 2018 – in haar derde eindstryd op Roland Garros – met Sloane Stephens van Amerika afgereken.

Halep is een van agt vrouewenners wat die laaste dekade die Coupe Suzanne Lenglengelig het.

Williams sal ’n tikkie déjà vu ervaar. Sy begin die toernooi Sondag net soos in die Amerikaanse Ope weer teen haar landgenoot Kristie Ahn.

Die sesde gekeurde Serena Williams van Amerika was twee keer in dié tydvak die wenner en sal hoop om met ’n vierde titel op Roland Garros uiteindelik Margaret Court se rekord van 24 Grand Slam-titels te ewenaar.

Dit sal die kroon span vir haar 39ste verjaardag Saterdag.

’n Opdraande paadjie wag egter op haar.

Sy het vooraf met ’n haksening-besering gesukkel en was nie in een van die opwarmingstoernooie op klei in aksie nie.

Hoe langer sy in die toernooi bly, hoe taaier gaan haar teenstanders ook raak.

Williams sal ’n tikkie déjà vu ervaar. Sy begin die toernooi Sondag net soos in die Amerikaanse Ope weer teen haar landgenoot Kristie Ahn. Sy kan dan ook weer te staan kom teen Tsvetana Pironkova van Bulgarye, wat sy in die “kwarteindstryd van die mammas” in New York verslaan het.

Victoria Azarenka, verslane finalis in New York, wag straks in die vierde ronde op haar.

Die derde gekeurde Elina Svitolina van die Oekraïne of Elise Mertens van België is haar moontlike teenstanders in die kwarteindronde, sou hulle almal so ver vorder. As sy dit oorleef, wag die kookwater Halep.

Geen vrou kon dit reggekry om haar titel in Parys te verdedig sedert Justin Henin (2005, 2006, 2007) dit laas gedoen het nie.

• Bronne: wtatennis.com, tennisworldusa.org,

Top10-gekeurdes in vroue-afdeling:

1. Simona Halep (Roem)

2. Karolina Pliskova (Tsjeg)

3. Elina Svitolina (Oekr)

4. Sofia Kenin (VSA)

5. Kiki Bertens (Ned)

6. Serena Williams (VSA)

7. Belinda Bencic (Swit)

8. Petra Kvitova (Tsjeg)

9. Aryna Sabalenka (Belarus)

10. Johanna Konta (Brit)

Meer oor:  Simona Halep  |  Tennis  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.