Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Melkbaard (18) skok Wawrinka in Rome
Lorenzo Musetti het vir ’n tamaai opskudding in die Italiaanse Ope gesorg. Foto: Getty Images

Die oudste speler in die Italiaanse Ope het hom Dinsdagaand teen die jongste by dié toernooi in Rome vasgeloop.

Die belowende Italiaanse tiener Lorenzo Musetti het die grootste oorwinning van sy jong loopbaan behaal deur die driemalige Grand Slam-kampioen Stan Wawrinka (Switserland) te troef.

Die 18-jarige Musetti het die 35-jarige wenner van die onlangse toernooi in Praag met 6-0, 7-6(2) in die eerste ronde geskok.

Wawrinka is ’n bedrewe speler op klei en was in 2015 die wenner op Roland Garros.

“Ek dink dis ’n droom wat waar geword het, ek kan steeds nie glo wat ek vanaand reggekry het nie,” het die tiener, wat moes kwalifiseer, agterna gesê.

Volgens Musetti het hy en sy vriende altyd gaan kyk hoe Rafael Nadal, Roger Federer en Wawrinka speel, wanneer hulle in Rome was vir die Italiaanse Ope.

“Ek het nie verwag om te wen nie, maar ek dink ek het dit verdien, ek het baie goed gespeel.”

Musetti het as junior die eindstryd in 2018 by die Amerikaanse Ope gehaal en was verlede jaar die wenner by die Australiese Ope vir juniors.

Hy het as promotorskeuse in die kwalifiseringstoernooi speelkans gekry in Rome.

Dit was Musetti se eerste beroepsege en slegs sy tweede wedstryd op dié vlak. Hy is volgens atptour.com ook die eerste speler wat in 2002 gebore is wat ’n ATP-wedstryd gewen het.

Musetti kom volgende teen Kei Nishikori (Japan), wat ook al ’n Grand Slam-finalis was, te staan. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Lorenzo Musetti  |  Stan Wawrinka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.