Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Millman tree in bres vir omstrede Thiem
John Millman / Foto: Getty Images

Dominic Thiem het ’n knuppel in die hoenderhok gegooi deur sy weiering om die hulpfonds vir tennisspelers wat weens die koronavirus-pandemie finansieel swaarkry te steun. Die Australiër John Millman meen die Oostenryker het dalk ’n geldige punt beet.

Die wanbalans in spelers se vergoeding is uitgelig tydens die gedwonge ruskans weens die koronavirus-krisis deurdat spelers wat nie onder die voorste 100 ter wêreld tel nie weens die gebrek aan prysgeld finansieel sukkel.

Novak Djokovic, die top-speler ter wêreld, asook die president van die ATP se Spelersraad het in April ’n inisiatief begin om die minder erkende spelers geldelik te help.

Thiem is egter krities hieroor en sê hy sal nie ’n bydrae maak nie.

Dominic Thiem / Foto: Getty Images

“Baie van hulle is onprofessioneel. Ek sien nie hoekom ek vir hulle moet geld gee nie,” het Thiem, op twee ná die voorste speler ter wêreld, gesê.

“Ek sal eerder geld gee vir mense en instansies wat ek weet dit regtig nodig het.”

Hy is gekritiseer vir sy omstrede seining, maar Millman, nommer 43 ter wêreld, sê dit is nie nodig vir spelers om die ATP-reeks finansieel te steun nie.

“Spelers buite die top-100 sukkel al heel jaar, of daar ’n koronavirus is of nie,” het hy aan AAP gesê.

“Ek dink nie dit hoef neer te kom op iemand soos Dominic om hulle te help nie. Dit moet beter deur die ATP, WTA en die ITF beheer word.

“Daardie liggame moes vroeër ’n plan gemaak het om die spel te laat groei en om meer mense te help om geld daarmee te verdien.”

Hy is ook krities daaroor dat diegene wat mag in die sport het, nie aandag gegee het aan die ongelykheid in die vergoeding voordat die virus uitgebreek het nie.

“Die probleem is dat dit die virus geneem het vir almal om nou daaroor te praat.

“Daar was baie kanse oor die jare om meer mense te kry om meer geld uit die sport te maak en ek dink nie die kwessie was goed hanteer nie.”

Op die vraag of hy dink dat die prysgeld hierna beter verdeel gaan word, het hy gesê: “Ons sal moet sien. Ek was al op Grand Slam-vergaderings waar dit nooit eens ter sprake gekom het nie.

“Ek weet nie wat die antwoord is nie, maar daar moet ’n beter manier wees om dit te hanteer. Miskien is dit die begin van hierdie gesprek, maar ek verwag nie veel nie.” – TeamTalk.

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Dominic Thiem  |  John Millman  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.