Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Minder geld op spel vir Aussie-kampioene

Die wenners in vanjaar se Australiese Ope-tennistoernooi sal 30% minder in hul sakke steek as verlede jaar se kampioene – maar vroeë verloorders sal dié keer beter af wees.

Die Serwiër Novak Djokovic hoop om die Norman Brooks-trofee aanstaande maand die negende keer te wen. Foto: Getty Images
Sofia Kenin van die VSA pronk verlede jaar in Melbourne met die Daphne Akhurst-gedenktrofee wat sy as Australiese Ope-kampioen ontvang het. Foto: Getty Images

Novak Djokovic en Sofia Kenin se bankrekeninge het verlede jaar met A$4,12 miljoen (sowat R48 miljoen) gestoel ná hul titelsuksesse, maar vanjaar se wennerstjek is “net” A$2,75m (R32,3 miljoen) – ’n afname van meer as 30%.

Die twee spelers wat in die enkelspel-eindstryde verloor, sal elk A$1,5m (R17,6 miljoen) ontvang. Diegene wat in die halfeindronde verloor, sal $850 000 (R10 miljoen) verdien.

Spelers wat in die eerste ronde verloor, sal 11% meer ontvang as diegene verlede jaar. Die prysgeld daarvoor is nou A$100 000 (R1,2 miljoen). Vir ’n tweederonde-nederlaag sal A$150 000 (R1,76 m) uitbetaal word.

Dubbelskampioene sal A$600 000 per span ontvang, en die gemengde dubbelskampioenspan sal A$150 000 ontvang. – TeamTalk

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Prysgeld  |  Covid-19  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.