Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Moet Roger nog nie afskryf, sê oudafrigter
Roger FedererFoto: Getty Images

Roger Federer se voormalige afrigter, Paul Annacone, glo steeds die 20-malige Grand Slam-wenner sal ’n aanspraakmaker by Wimbledon wees, ondanks sy jongste terugslag met ’n besering.

Die 38-jarige Federer het Donderdag gesê hy sal minstens vier maande op die kantlyn wees nadat hy ’n operasie aan sy regterknie ondergaan het.

Hy sal vyf toernooie, insluitende die Franse Ope op Roland Garros misloop, maar hy is vasbeslote om gereed te wees vir die grasbaanseisoen. Hy beplan om sy terugkeer by Halle in Duitsland te maak.

Talle ondersteuners en tennisliefhebbers vrees dat dit die einde van Federer kan beteken, maar Annacone, wat Federer tussen 2010 en 2013 afgerig het, glo hoewel ’n terugkeer nie maklik gaan wees nie, kan hy dit wel doen.

Die groot uitdaging volgens my ervaring is dat hoe ouer jy word, hoe moeiliker is dit om terug te baklei teen sulke terugslae.
Paul Annacone

“Die groot uitdaging volgens my ervaring is dat hoe ouer jy word, hoe moeiliker is dit om terug te baklei teen sulke terugslae,” het hy aan The New York Times gesê.

“Hierdie grotes van alle tye is egter die uitsonderings eerder as die reël en jy kan eintlik nie raai wat met hulle gaan gebeur nie. Toe ek hom in 2010 begin afrig het, was daar al mense wat gewonder het wanneer hy sou uittree.”

Annacone glo Federer sal wel kan meeding om daardie negende Wimbledon-titel.

“Hy moes spook om die halfeindronde van die Aussie-Ope te haal, maar hy het dit reggekry en dit is daardie oomblikke waarvoor hierdie groot spelers leef,” sê hy.

“Ek is dus nog nie reg om hom af te skryf nie. Kyk jy na sy grasbaanrekord en hoe uniek sy spel op daardie oppervlak is, is daar geen rede hoekom hy nie weer by Wimbledon kan seëvier nie.” – Team Talk

Meer oor:  Wimbledon  |  Switserland  |  Vsa  |  Grand Slam  |  Grasbaantoernooi  |  Tennis  |  Beserings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.