Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Montsi uitgeskakel in Melbourne
Kholo Montsi. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se Kholo Montsi, agtste gekeur onder die juniors in die Australiese Ope-tennistoernooi, is Maandag in Melbourne in die tweede ronde deur die Fransman Timo Legout uitgeskakel.

Die ongekeurde Legout, 31ste op die juniors se ranglys, het tot die laaste 16 spelers deurgedring deur met 7-6, 6-1 te wen.

Die 17-jarige Montsi, 12de op die wêreldranglys, het die Amerikaanse kwalifiseerder Cash Hanzlik Saterdag in die eerste ronde met 6-4, 6-1 geklop.

Die belowende buksie was met die toernooi om die ATP-beker in Brisbane een van die Suid-Afrikaanse spanlede. – Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Kholo Montsi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.