Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Mugu nie te moeg vir Kilimandjaro
Garbiñe Muguruza. Foto: Twitter

Die wêreld se voormalige nommereen-vrouespeler en tweemalige Grand Slam-wenner, Garbiñe Muguruza van Spanje, was aan die einde van haar teleurstellende tennisseisoen nie te moeg om Kilimandjaro, die hoogste bergpiek in Afrika, uit te klim nie.

Garbiñe Muguruza. Foto: Twitter
Garbiñe Muguruza. Foto: Twitter

Waar ander spelers verkies om op sonnige strande te gaan ontspan ná ’n bedrywige jaar het sy hierdie uitstappie na Tanzanië gekies. Sy moes min slaap, steil kranse en ysige koue oorkom gedurende die ekspedisie oor vyf dae.

“Ons is deur watervalle, riviere, ysige riviere, grotte en kranse en die strafste van alles, ysige nagte,” het sy op sosiale media geskryf gedurende die klim.

“Ek het ’n keer gehuil toe my gids my aangeraai het om nie af te kyk nie by ’n afgrond van 300 m.”

Garbiñe Muguruza toe sy Wimbledon in 2017 gewen het. Foto: Getty Images

Die 26-jarige Muguruza het op die internet gekyk na die strande van Afrika toe sy op inligting oor Kilimandjaro afgekom het.

Sy het besluit om die klim aan te durf nadat sy met ander mense gepraat het wat dit reeds gedoen het.

Haar ekspedisie het die laaste dag altesaam 22 uur geduur, berig wtatennis.com.

Muguruza het haar gids bedank omdat hy haar wakker gehou het toe sy by ’n gletser ineengestort het.

Sy het verskeie foto’s van die ekspedisie op Instagram geplaas.

Muguruza het in 2016 die Franse Ope gewen en die jaar daarna Wimbledon.

Sy het vanjaar nie ’n goeie jaar op die baan beleef nie en haar seisoen vroeg beëindig. Sy beklee die 35ste plek op die jongste wêreldranglys. – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Kilimandjaro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.