Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Muguruza klop Azarenka in Rome

Garbine Muguruza het herstel nadat sy ’n stel agter was om Victoria Azarenka te laat les opsê by die Italiaanse Ope in Rome in Saterdag se kwarteindstryd.

Garbine Muguruza Foto: Getty Images

Die Spanjaard het haar imponerende vertoningslys in 2020 voortgesit en vasgebyt om die Belarussiese speler met 3-6, 6-3, 6-4 in 2 ure, 21 minute te troef. Sy het sodoende tot die halfeindstryd deurgedring waar sy teen Simona Halep te staan sal kom.

Albei het ’n kans gehad om deur te breek, Muguruza in die derde en vyfde pot en Azarenka in die vierde, maar dit was die Belarus wat die meeste van haar geleenthede gemaak het om ’n 4-1 voorsprong te geniet.

Sy het net ’n enkele keer deurgebreek, maar dit was genoeg om die eerste stel in 48 minute te beklink.

Albei spelers het gesukkel om hul eie afslaan te benut met nie minder nie as sewe breekpunte wat behaal is in nege potte.

Muguruza het egter haar ritme gevind om met 4-2 voor te loop.

In die derde stel was dit dieselfde verhaal met vyf breekpunte. Muguruza het genoeg gedoen om vir Azarenka haar tweede nederlaag in 15 wedstryde toe te dien.

* Halep het vir die vyfde keer tot die halfeindronde deurgedring nadat Yulia Putinstseva, wat nie gemaklik gelyk het nie, die wedstryd kortgeknip het.

Halep was volkome in beheer van sake met die telling op 6-2, 2-0 teen toe die wedstryd beëindig is. Dit was die Roemeniër se 12de agtereenvolgende oorwinning nadat sy albei haar vorige toernooi in Dubai en Praag gewen het.

Sy het net 31 minute benodig om die eerste stel te beklink.

Putinstseva, wat die week 7 ure en 22 minute op die baan deurgebring het teenoor Halep se 2 ure en 50 minute, het van meet af gesukkel teen die tweemalige Grand Slam-kampioen.

* Marketa Vondrousová het vir ’n opskudding gesorg toe sy Elina Svitolina uitgeskakel het.

Die Tsjeg, wat met tye onseker oorgekom het in haar stryd in die derde ronde teen Polona Hercog, het dié slag geen teken van twyfel gewys nie en die tweemalige Italiaanse Ope-kampioen met 6-3, 6-0 kafgedraf.

Sy sal volgende teen haar landgenoot Karolina Plisková, die verdedigende kampioen, te staan kom.

* Plísková het die Belg Elise Mertens met 6-3, 3-6, 6-0. geklop.

Meer oor:  Simona Halep  |  Garbine Muguruza  |  Victoria Azarenka  |  Rome  |  Italiaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.