Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Murray bondgenoot vir diversiteit’

Die tienertennisster Coco Gauff sê Andy Murray inspireer haar nadat dié voormalige wêreldnommereen die aandag gevestig het op ’n gebrek aan BAME (Britse swart, Asiese en minderheid etniese)-raadslede in die Lawn Tennis Association en die All England Club.

Coco Gauff is ’n groot aanhanger van Andy Murray. Foto: Getty Images

Murray het ’n skermgreep op Instagram gedeel van ’n onderhoud waarin ’n 1996-Wimbledon-finalis, MaliVai Washington, daarop wys dat nie een van die 24 raadslede op die twee beheerliggame ’n BAME-persoon is nie.

Die Skot het die onderskrif “Tennis in 2020” en ’n verwarde-emoji by die skermgreep geplaas, wat die 16-jarige Gauff aangemoedig het om Murray as ’n “uitstekende bondgenoot” in die stryd vir meer diversiteit te beskryf.

“Daar is niks fout daarmee om vir meer diversiteit te vra nie. Vir hom om dit te sê, is beslis inspirerend, veral omdat hy ’n man en wit is,” sê Gauff.

Andy Murray is ’n kampvegter vir diversiteit en geslagsgelykheid in tennis. Foto: Getty Images

“Vir iemand soos hy om vir diversiteit te vra, dit wys watter goeie bondgenoot hy is. Ek is mal oor wat Andy op en van die baan af doen. Hy is een van my gunstelingspelers om dop te hou.

“Dit is belangrik dat ons diversiteit het want daar is mense oor die wêreld heen met verskillende agtergronde en van verskillende gebiede en ek dink verteenwoordiging is belangrik.

“Minstens vir my, as ’n meisie . . . om te sien jy word verteenwoordig, beteken baie.”

Murray het voorheen die aandag gevestig op die gebrek aan diversiteit in sportbeheerliggame in Brittanje en spreek gereeld sy steun uit vir geslagsgelykheid in tennis.

Gauff is ook wyd geloof vir haar aktivisme nadat sy haar aftyd gedurende die Covid-19-inperking gebruik het om haar stem dik te maak teen maatskaplike en rasseongelykheid in die VSA.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Coco Gauff  |  Geslagsgelykheid  |  Diversiteit  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.