Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Uitnodigings na VSA-ope vir Murray, Clijsters
Kim Clijsters is terug op die tennisbaan ná ’n afwesigheid van agt jaar. Foto: Getty Images

Die voormalige Amerikaanse Ope-kampioene Andy Murray en Kim Clijsters het albei ’n promotorsuitnodiging na vanjaar se toernooi ontvang.

Die Grand Slam-byeenkoms word sonder toeskouers van 31 Augustus tot 13 September in New York beslis.

Die Western & Southern-ope, wat vanjaar geskuif het van Cincinnati, word van 20 tot 28 Augustus gespeel en dien as opwarming vir die VSA-Ope.

Murray, wat die titel in 2012 gewen het, is ook uitgenooi om in die Western & Southern-ope te speel, maar het Maandag gesê spelers wat na New York reis moet seker kan wees dat hulle nie onder kwarantyn geplaas sal word wanneer hulle na Europa terugkeer nie.

Andy Murray is uitgenooi om in New York mee te ding. Foto: Getty Images

Die 33-jarige Brit het die toernooi in 2017 en 2019 weens beserings misgeloop.

Clijsters, wat in 2005, 2009 en 2010 by Flushing Meadows geseëvier het, is terug in mededingende tennis ná ’n afwesigheid van agt jaar.

Die 37-jarige Belg het ook ’n promotorsuitnodiging na die Western & Southern-ope ontvang.

Volgens die organiseerders sluit die promotorskeuses vir die VSA-Ope sewe Amerikaanse mans en sewe Amerikaanse vroue in.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Kim Clijsters  |  Amerikaanse Ope  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.