Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Murray kry virus, dalk nie na Australië

Die Skot Andy Murray is tuis in selfkwarantyn nadat hy positief vir die koronavirus getoets is.

Nog ’n terugslag het Andy Murray getref. Foto: Getty Images

Die voormalige nr.1-speler in die wêreld sou op een van 18 huurvlugte na Australië vertrek het, maar nou is sy deelname aan die Australiese Ope in die weegskaal.

Murray (33) het ligte simptome en hoop om later steeds na Australië te vertrek.

Die meeste spelers en hul afrigtingspanne word in die volgende 24 uur in Australië verwag.

Daar is vir hulle gesê hulle sal nie kan vlieg as hulle positief getoets is nie, hoewel daar met die nodige mediese toestemming sekere uitsonderings gemaak kan word.

Spelers moet twee weke in kwarantyn deurbring voordat hulle vir vyf uur per dag uit hul hotelkamer mag gaan om te gaan oefen.

Dié protokol sal sake moeilik maak vir Murray om betyds in Australië te arriveer.

Hy het ’n spesiale uitnodiging gekry om in Februarie op Melbourne Park deel te neem. Hy is slegs 123ste op die wêreldranglys, omdat hy die laaste jare ernstige heupbeserings te bowe moes kom en ook daarvoor geopereer is.

Craig Tiley, die toernooidirekteur van die Australiese Ope, werk saam met Murray se span aan ’n oplossing.

Opwarmingstoernooie begin op 31 Januarie en die Ope op 8 Februarie. – Reuters, TeamTalk

Meer oor:  Andy Murray  |  Melbourne  |  Australiese Ope  |  Tennis  |  Victoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.