Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Andy Murray sê hy luister na sy lyf

Aanhangers van Andy Murray, wat gehoop het om dié Skotse tennisspeler weer spoedig in aksie te sien, het Vrydag ’n stukkie slegte nuus gekry.

Andy Murray moedig sy spanmaats verlede jaar by die Davisbeker-eindtoernooi in Spanje aan. Hy sal vir ’n onbepaalde tyd weer aksie uit die paviljoen moet dophou. Foto: Getty Images

Murray, wat hom aan die onlangse toernooi om die ATP-beker, asook die komende Australiese Ope onttrek het weens ’n bekkenbeen-besering, het volgens ’n berig op bbc.com gesê hy sal nie meer volgende maand in die toernooi in Montpellier (Frankryk) en Rotterdam (Nederland) speel nie.

Volgens die 32-jarige Murray is daar kneusing in die been wat langer neem om te herstel as wat aanvanklik verwag is. Hy het dié besering in November opgedoen toe hy vir Brittanje in die Davisbeker-toernooi in Spanje gespeel het.

Murray was toe net weer mooi op dreef nadat hy lank uit aksie was weens ’n heupoperasie.

“Ek wil nie oorhaastig wees of ’n spesifieke datum as mikpunt stel vir wanneer ek weer fiks wil wees nie. Ek gaan net na my liggaam luister en eers weer speel wanneer die tyd reg is,” het Murray gesê.

Tim Henman, wat Brittanje se kaptein was tydens die ATP-bekertoernooi, het ook onlangs gesê Murray moet sy tyd neem om behoorlik te herstel, al speel hy glad nie in 2020 nie. – Sportredaksie, bbc.com

Meer oor:  Besering  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.