Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Murray maak sy ATP-terugkeer in Frankryk
Andy Murray sal volgende week in Montpellier in aksie wees. Foto: Getty Images

Andy Murray, ’n voormalige nr. 1-speler ter wêreld, sal volgende week op spesiale uitnodiging in Montpellier sy terugkeer tot die ATP-reeks maak.

Die 33-jarige Brit gaan as promotorskeuse in die Open Sud de France in aksie wees, het organiseerders gesê.

Die driemalige Grand Slam-wenner kon nie aan vanjaar se Australiese Ope deelneem nie nadat hy op 14 Januarie positief vir Covid-19 getoets is en nie ’n werkbare kwarantyntyd in Australië kon vind nie.

Hy het toe verlede in Biella, Italië, in ’n Challenger-toernooi gaan speel om weer wedstrydfiks te word.

Die Oekraïne se Illya Marchenko het hom daar in die eindstryd geklop.

Murray het verlede jaar slegs sewe beroepswedstryde gespeel weens beserings, asook die ontwrigting wat deur die pandemie veroorsaak is. Sy laaste titel was in 2019 in Antwerpen, België. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Montpellier  |  Atp  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.