Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Murray mik nou maar vir gras-seisoen

Die beseringspook wil die Britse tennisspeler Andy Murray net nie uitlos nie.

Die jongste aanduiding is nou dat hy eers vanjaar tydens die grasbaanseisoen sy terugkeer tot die baan sal maak.

Andy Murray is steeds langs die tennisbaan weens beserings. Foto: Getty Images

Sedert die 32-jarige Murray laat in 2019 weer begin speel het ná beserings, het hy die Europese Ope in Oktober in Antwerpen, België, gewen. Daarna het die spook hom egter weer begin pla.

Murray, ’n driemalige Grand Slam-kampioen, het in November in Brittanje se eerste Davisbeker-kragmeting gespeel, maar daarna die res van die toernooi weens ’n liesbesering misgeloop. Nadat hy aanvanklik aangedui het dat hy aan die begin van die jaar in die Australiese Ope in aksie gaan wees, moes hy hom ook daaraan onttrek omdat hy las van ’n heupbesering gehad het.

“Die kneusing van die been neem langer om te herstel as wat aanvanklik gedink is,” sê Murray.

Toe was daar sprake daarvan dat hy weer sy terugkeer by die Miami Ope, ’n hardebaantoernooi kon maak, maar hy bevind hom slegs in die 128ste plek op die wêreldranglys wat beteken dat hy nie direk toegelaat sal word nie.

Ná die toernooi in Miami, verskuif die ATP-reeks na klei, maar dit blyk dat Murray ook dít gaan misloop. Hy het volgens Sportsmail gesê dat dit “ ’n meer realistiese doelwit is om reg te wees vir die grasbaanseisoen in Junie”. – TeamTalk

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.