Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Murray spot gesin het gegroei

Andy Murray het sy eerste titel in meer as twee jaar gewen toe hy teruggeveg het om Stan Wawrinka in die eindstryd van die Europese Ope Sondag in Antwerpen te klop.

Die Skot het die eerste stel verloor en in die tweede vasgebyt om Wawrinka van Switserland met 3-6, 6-4, 6-4 te troef. Dit was Murray (32) se eerste titel sedert sy heupoperasie wat sy loopbaan gered het.

Dit het aan die begin van die jaar, toe Murray in die eerste ronde van die Australiese Ope uitgeskakel is, gelyk asof hy die spel gaan los. Hy het egter ’n operasie ondergaan en was eers in Junie terug op die baan – aanvanklik net in dubbelspelwedstryde.

Murray het Sondag ook die eerste keer in 11 jaar in ’n eindstryd teen Wawrinka gespeel. Dié Switser het ook die laaste klompie jare erg met beserings gesukkel. Murray het nou 12 van die 20 wedstryde tussen hulle gewen.

Die 34-jarige Wawrinka was goed op koers om te wen, maar kon nie sy kanse in die tweede stel benut nie. Murray, wat nie enige ongemak getoon het nie, het soos van ouds voor sy besering teruggeveg om sy 46ste titel te wen.

Andy Murray het ná twee lang jare weer ’n trofee verower. Foto: AP

Murray se laaste toernooi-oorwinning was in Maart 2017 in Doebai, toe hy nog die wêreld se voorste speler was.

Hy was aan die einde baie aangedaan, met trane wat vlak gelê het.

“Dis ongelooflik om terug te wees en teen Stan in so ’n eindstryd te speel. Hy het uitstekend gespeel,” sê Murray.

“Ek het nooit verwag om in dié posisie te wees nie so ek is baie bly. Stan het van oral af wenners geslaan, maar ek het dit reggekry om vas te byt. Dis een van my grootste seges ná alles.”

Wawrinka, wat twee jaar gelede ’n knieoperasie ondergaan het, het in die tweede stel ’n gulde kans om sy voorsprong te vergroot,deur die vingers laat glip.

Murray het op 1-3 en 15-40 teruggeveg. Hy het ook op 4-4 ’n breekpunt afgeweer om die stel uiteindelik met 6-4 te wen en die wedstryd tot ’n beslissende stel uit te rek, wat hy ook gewen het.

Die Skot het agterna geskerts hy gaan binnekort drie kinders onder vier jaar hê, wat die gevolg is van die tydjie wat hy nie op toer was nie. Hy sê dis tyd dat hy weer op die pad kom sodat dinge nie verder buite beheer raak (wat sy gesinsgrootte betref) nie.

* Murray het danksy sy toernooisege met 116 plekke op die jongste wêreldranglys geklim en beklee nou die 127ste plek. Hy was minder as ’n maand gelede nog 503de op die ranglys. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Antwerpen  |  Tennis  |  Europese Ope  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.