Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Murray: Tennis sal agter in tou staan

Tennis sal een van die laaste sportsoorte wees wat sal terugkeer na aksie nadat die wêreld herstel het van die koronavirus-pandemie, voorspel ’n voormalige voorste speler ter wêreld, Andy Murray.

Die Britse tennisspeler Andy Murray reken dit gaan nog lank wees voordat groot toernooie beslis kan word. Foto: Getty Images

Die tennisseisoen is sedert Maart opgeskort en voorlopig sal dit voortduur tot ten minste die middel van Julie.

Dít het veral die spelers laer op die wêreldranglys die geleentheid ontneem om ’n inkomste te verdien.

“Ek vermoed tennis sal een van die laaste sportsoorte wees wat na normaliteit sal terugkeer, aangesien jy soveel afrigters en spelers het wat van oral in die wêreld in een plek vergader,” het Murray aan CNN gesê.

Dié 32-jarige Brit, wat van ’n heupoperasie herstel en ’n toernooi in Antwerpen in Oktober gewen het, het beplan om in Maart in die Miami Ope te speel nadat hy sy rehabilitasie van nóg ’n besering (bekken) voltooi het.

“Ek sal verbaas wees as daar al sport teen September gespeel word,” reken hy.

Europa en Amerika is kwaai getref deur die virus, met derduisende mense wat dood is op albei kontinente.

Die Franse Ope is uitgestel na 20 September tot 4 Oktober, terwyl Wimbledon gekanselleer is. Organiseerders van die Amerikaanse Ope het gesê daar is ’n moontlikheid dat hierdie toernooi wel later in die jaar gespeel kan word, maar dat dit eintlik onwaarskynlik is.

“Jy sal moet dink dat die res van die wêreld eers weer normaal sal moet kan funksioneer en dat reis wêreldwyd weer aan die gang sal moet wees voordat tennis sal begin, veral wat die groot toernooie betref,” sê Murray. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Covid-19  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.