Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Andy Murray tree vir Federer in bres

Andy Murray, ’n voormalige nr.1-speler ter wêreld, sê Roger Federer se besluit om hom aan die Franse Ope te onttrek om sy liggaam te beskerm ná twee knieoperasies, was “oordeelkundig”.

Roger Federer Saterdag in die derde ronde van die Franse Ope in Parys teen die Duitser Dominik Koepfer. Foto: AP

Federer (39) het Sondag besluit om sy veldtog by Roland Garros te beëindig ’n dag nadat hy ’n uitmergelende wedstryd in die derde ronde teen Dominik Koepfer gewen het.

Federer, ’n agtmalige Wimbledon-kampioen wat die afgelope 18 maande bitter min gespeel het vanweë ’n kniebesering, sou Maandag in Parys teen die negende gekeurde Italianer Matteo Berrettini te staan gekom het.

Murray het vir Federer in die bres getree toe ’n tennis-entoesias op Twitter gesê het die Switser was “oneerbiedig” teenoor ander spelers in die Franse Ope omdat hy dié toernooi net “gebruik” het om sy fiksheid te herwin.

“In sportsoorte soos basketbal, sokker ensovoorts word spelers geleidelik meer wedstrydtyd gegee om hul fiksheid te herwin wanneer hulle ná beserings terugkeer.

“In tennis het jy nie luuksheid om net ’n stel in jou eerste wedstryd en dan twee in die volgende te speel om sodoende weer “wedstrydfiks” te word nie.

“Ek sou argumenteer dat dit baie riskant is om verskeie vieruur-wedstryde in ’n ry te speel in slegs jou tweede toernooi die afgelope 18 maande. Jy moet ’n besluit neem na gelang van hoe jou liggaam reageer op sulke lang wedstryde.”

Federer se besluit het gemengde reaksie by oudspelers ontlok. ’n Voormalige sewemalige kampioen by Roland Garros, Chris Evert, sê die Switser het die reg verdien om dit te kon doen, maar ’n voormalige Amerikaanse Davisbeker-kaptein, Patrick McEnroe, het gesê hoewel hy die besluit verstaan, “lyk dit nie baie goed nie”. – Reuters

Meer oor:  Roger Federer  |  Andy Murray  |  Roland-Garros  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.