Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Murray verskuif sy visier na grasbaan
Andy Murray het die afgelope week aan die dubbelspel-kompetisie in die Italiaanse Ope in Rome deelgeneem. Foto: Getty Images

Andy Murray het volgens berigte in die Britse media besluit om nie vanjaar aan die Franse Ope deel te neem nie omdat hy sy liesbesering kans wil gee om verder te herstel.

Die voormalige wêreldnommereen het in Maart laas in die Miami Ope, waar hy die besering opgedoen het, in ’n mededingende enkelspelwedstryd gespeel.

Hy het sy terugkeer die afgelope week in die dubbelspel-kompetisie in die Italiaanse Ope in Rome gemaak.

Die 34-jarige Skot, wat ook al lank met heupbeserings sukkel, is tans 123ste op die wêreldranglys.

Die plan was aanvanklik dat hy volgende week in Genève of Lyon in kleibaan-toernooie sy terugkeer op uitnodiging van die organiseerders sou maak.

Hy sou ook eers aan die Franse Ope deelneem, maar nou mik hy glo eerder volgende maand na die een of ander grasbaantoernooi.

Wimbledon, ’n toernooi wat Murray al twee keer gewen het, begin op 28 Junie. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.