Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anderson vat die leisels ná Djokovic groet

Suid-Afrika se Kevin Anderson is die nuwe president van die ATP se spelersraad.

Die 34-jarige Anderson, voormalige vise-president, het waargeneem in die hoedanigheid nadat Novak Djokovic in Augustus bedank het.

Andy Murray (regs) is een van vier nuwe lede wat Novak Djokovic se wegbreekgroep op die ATP se Spelersvereniging vervang. Foto: Getty Images

Die voormalige wêreld-nommereen Andy Murray en drie ander is ook verkies tot die spelersraad as plaasvervangers vir die groep, onder leiding van Djokovic, wat weggebreek het om hul eie unie te vorm.

Brittanje se Murray, Felix Auger-Aliassime van Kanada, die Aussie John Millman en die Fransman Jeremy Chardy vervang Djokovic, John Isner, Vasek Pospisil en Sam Querrey – wat afstand gedoen het om die Beroepstennis-spelersvereniging (PTPA) te stig.

Murray sluit hom aan by Roger Federer en Rafa Nadal, albei wenners van 20 Grand Slam-titels, op die ATP se Spelersraad.

Die ATP is in 1972 deur spelers op die been gebring om die mans te verteenwoordig, maar sy raad bevat deesdae ook verteenwoordigers van toernooi-eienaars.

Buiten die ATP en vroue se WTA, word die sport ook bestuur deur die Internasionale Tennisvereniging en die rade van die vier Grand Slams.

Die wêreld-nommereen Djokovic beskryf die PTPA, wat volgens hom reeds die ondersteuning van meer as 200 lede gewerf het, as ’n platform vir die sienings van die spelers wat saam met die ATP kan funksioneer.

Die beheerliggame het in reaksie tot die stigting van die PTPA ’n verklaring uitgereik waarin gevra word vir samewerking in ’n tyd wat die Covid-19-pandemie tennis platgeslaan het. – Sportredaksie

* Die berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Itf  |  Ptpa  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.