Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Sy is ná 10 jaar die koningin van Parys
Ashleigh Barty met die Coupe Suzanne Lenglen nadat sy Saterdag op Roland Garros in Parys die Franse Ope vir vroue gewen het.Foto: Getty Images

Ashleigh Barty het tien jaar gelede haar eerste besoek aan Parys met ’n passie gehaat, maar Sondagoggend in die Franse hoofstad het sy as die koningin van Roland Garros wakker geword.

Sy het Saterdag die Franse Ope se vroue-enkelspeltitel gewen toe sy Marketa Vondrousova van die Tsjeggiese Republiek met 6-1, 6-3 in die eindstryd oorrompel het.

Dit was in Parys dat die 13-jarige Barty haar eerste proesel van die lewe van ’n tennisspeler op die pad gekry het toe sy saam met ’n groep ander Australiese hoopvolles aan ’n internasionale toernooi deelgeneem het.

Haar eerste ervaring van Parys was baie ver verwyder van haar triomftog van die afgelope twee weke met die verowering van die Coupe Suzanne Lenglen, die eerste Australiër wat dit sedert 1973 kon vermag.

“Dis die dekade van my loopbaan. Dit was my eerste internasionale toernooi en dit was aaklig. Dit was angswekkend . . . en ek het elke oomblik daarvan gehaat.”

Barty het ’n paar jaar gelede haar tennisloopbaan tydelik op die lange baan geplaas en haar op haar krieketloopbaan toegespits, waar sy as ’n veelsydige speler saam met die Brisbane Heat die Big Bash-liga in 2015-’16 gewen het.

Dit het haar liefde vir tennis weer aangewakker.

Haar Australiese landgenoot Nick Kyrgios was een van die eerstes wat haar Saterdag met haar oorwinning geluk gewens het.

Kyrgios het ’n foto van die Coupe Suzanne Lenglen-beker bo-op ’n foto van die 14-jarige Barty, wat toe die Wimbledonse junior toernooi gewen het, gesuperponeer.

Die 23-jarige Barty hoop sy kan in die voetspore volg van Evonne Goolagong, wat sewe Grand Slam-enkelspeltitels, insluitende die Franse Ope, gewen het.

“Dis ongelooflik wat Evonne bereik het en hoe passievol sy is. As ek maar net ’n klein deeltjie daarvan kan wees, sal dit ongelooflik wees,” het Barty gesê.

Barty sal Maandagoggend na die tweede posisie op die vroueranglys opskuif en haar pad is oop om, net soos Goolagong, ook die voorste posisie te beklee.

“Dit is my volgende mikpunt, my volgende doelwit.” – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Ashleigh Barty  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.