Rafael Nadal is deel van Spanje se tennisgroep vir sy Davisbeker-kwarteindwedstryd teen Duitsland in Valencia.

Rafa Nadal gaan weer vir Spanje in die Davisbeker-reeks speel. Foto: Getty Images
Die 31-jarige Nadal het laas in 2016 in die kompetisie gespeel toe hy Spanje gehelp het om weer tot die Wêreldgroep terug te keer met ’n oorwinning oor Indië.
Sergi Bruguera, Spanje se kaptein, het ook vir Pablo Carreno Busta, Roberto Bautista Agut, David Ferrer en Feliciano Lopez gekies.
Nadal, ’n 16-malige Grand Slam-kampioen, het hom in Januarie weens ’n beseerde bobeenspier aan die Australiese Ope onttrek nadat hy die kwarteindronde gehaal het.
Daar is verwag dat hy teen die einde van Februarie in die Mexikaanse Ope sou speel, maar hy het dit ook misgeloop.
Dit was die vyfde agtereenvolgende toernooi wat hy misgeloop het.
Die Davisbeker-kwarteindronde vind volgende naweek plaas.
Nadal sal volgende week weer amptelik die wêreld se nommereen-speler wees, nadat Roger Federer vroeg in die Miami Ope uitgeskakel is. – Reuters