Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nadal nie ten gunste van ‘nuwe normaal’

Die Spaanse tennisspeler Rafael Nadal glo nie die Covid-19-pandemie moet tot ’n sogenaamde “nuwe normaal” lei waar sosiale distansiëring die norm word nie.

Rafael Nadal is nie ten gunste van ’n sogenaamde “nuwe normaal” nie. Foto: Getty Images

Nadal (33), wat met 19 Grand Slam-titels agter sy naam spog, het by die heropening van die Rafael Nadal-akademie in Majorka gesê dit is belangrik dat mense steeds sosiale kontak het.

Geen tennis was sedert Maart moontlik nie, en dit lyk na ’n al hoe groter moontlikheid dat wanneer die sport hervat word, dit minstens vir ’n ruk agter geslote deure beslis sal word.

Nadal sê hy aanvaar dat tenniswedstryde in die afsienbare toekoms vir ’n ruk sonder toeskouers beslis gaan word, maar hy dink nie die gemeenskap moet dit as ’n nuwe normaal aanvaar nie.

“Uiteindelik kan ons terug op die baan (om te oefen) wees, en ek is bly om terug by my akademie te wees en ook dat die kinders weer kan speel. Hulle is so bly en dit is die belangrikste.

“Ek dink aan die vol stadions en dit is hoe ek dit graag sal wil sien. Jy moet geduldig wees en die regte kuur (vir die virus kry), maar ek glo nie daar moet na ’n nuwe normaliteit gesoek word nie.

“Ons hou daarvan om mense te sien, mekaar drukkies te gee, dinge met mekaar te deel en dit is goed wat ons weer moet doen. Ons kan nie aanvaar dat ons vir altyd maatreëls van sosiale distansiëring sal moet volg nie,” sê Nadal. – TeamTalk

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Sosiale Distansiëring  |  Covid-19  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.