Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nadal onttrek; Del Potro in eindstryd

Die Argentyn Juan Martín del Potro en die Serwiër Novak Djokovic pak mekaar Sondag in die eindstryd van die Amerikaanse Ope.

Novak Djokovic / Foto: Getty Images

Die derde gekeurde Del Potro is verseker van ’n plek in die eindstryd nadat die eerste gekeurde Spanjaard Rafael Nadal hom Vrydag in hul kragmeting in die halfeindstryd onttrek het.

Die BBC berig dat die verdedigende kampioen las van ’n kniebesering het.

“Dit was moeilik vir my om aan te hou speel. Ek het te veel pyn verduur en dit was nie ’n tenniswedstryd nie. Ek haat dit om te onttrek, maar om nog ’n stel met sulke pyn te speel, is te veel vir my,” het Nadal ná die wedstryd gesê.

Del Potro (29) was in die daardie stadium met 7-6(3), 6-2 voor.

Djokovic, wat in 2011 en 2015 die Amerikaanse Ope gewen het, het die 21ste gekeurde Kei Nishikori van Japan in die ander halfeindstryd geklop.

Die telling was 6-3, 6-4, 6-2.

Del Potro het die Amerikaanse Ope amper donkiejare gelede, in 2009, gewen, sy enigste oorwinning in ’n Grand Slam.

Maar die sesde gekeurde Djokovic tree waarskynlik as die gunsteling aan. Behalwe vir die 13 Grand Slam-titels wat agter sy naam staan, het hy in 14 van die 18 kragmetings tussen hom en Del Potro koning gekraai. – Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Rafael Nadal  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.