Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nadal positief ná nederlaag teen Duitser

Die Spaanse tennisspeler Rafael Nadal is allermins in sak en as nadat hy Saterdag in die halfeindronde van die Parys-meesters vasgeval het, en beskryf dit as ’n “positiewe toernooi”.

Rafael Nadal in sy kragmeting in die halfeindronde van die Parys-meesters. Foto: Getty Images

Dit nadat Alexander Zverev, die vierde gekeurde van Duitsland, hom in die halfeind met 6-4 7-5 geklop het. Die nederlaag beteken dat Nadal, tweede op die wêreldranglys, en met 20 Grand Slam-titels agter sy naam, steeds nie daarin kon slaag om dié toernooi te wen nie.

“Ek was mededingend en was daar tot die einde – dit teen ’n speler wat baie goed speel op ’n oppervlak waarop hy baie seges behaal,” het die 34-jarige Nadal aan verslaggewers gesê.

“So, dit was ’n positiewe toernooi vir my. Natuurlik is ek nie gelukkig met die nederlaag nie, maar dit is deel van die spel. Ek het teen ’n goeie speler te staan gekom en ek aanvaar die verloor. Hy het ’n bietjie beter as ek gespeel.”

Nadal speel volgende in die ATP-jaareindtoernooi, wat van 15-22 November in Londen beslis word.

Die toernooi, wat tussen die wêreld se voorste agt spelers beslis word, is nog een wat Nadal nog nie kon wen nie.

“Ek bring ure op die baan deur. Natuurlik wou ek die toernooi gewen het, maar dit is altyd moeilik,” het Nadal oor die toernooi in die Franse hoofstad gesê.

“Maar ek dink ek het die regte houding gedurende die hele byeenkoms gehad, deur in elke wedstryd te veg. Dit het my die geleentheid gebied om in vier wedstryde te speel – iets wat van waarde in Londen gaan wees.

“Daar is ’n paar dingetjies waaraan ek aandag moet gee, maar ek doen goed in al die belangrike dinge. So laat ons sien.” – Reuters


Meer oor:  Parys  |  Tennis  |  Londen  |  Alexander Zverev  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.