Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nadal speel nie by Wimbledon óf Spele

Rafael Nadal het hom Donderdag aan Wimbledon en die Olimpiese Spele onttrek in ’n poging om sy tennisloopbaan te probeer verleng.

Rafael Nadal verlede week ná sy nederlaag in die halfeindronde van die Franse Ope. Foto: Reuters

Die 35-jarige Spanjaard sê die twee weke tussen die Franse Ope en Wimbledon sou nie genoeg wees om te herstel ná ’n uitdagende kleibaanseisoen waartydens hy in vyf toernooie gespeel het nie.

Wimbledon begin op 28 Junie.

“Ek het besluit om nie vanjaar aan Wimbledon en die Spele deel te neem nie,” sê Nadal op Twitter.

“Dit is nooit ’n maklike besluit om te neem nie, maar ek moet na my liggaam luister. Ek het ook met my span beraadslaag en ek glo dit is die regte besluit.”

Nadal, ’n 20-malige Grand Slam-enkelspelkampioen, het voor die Franse Ope in Monte Carlo, Barcelona, Madrid en Rome gespeel.

Die Spanjaard is die afgelope Vrydag in ’n riller van vier stelle in die halfeindronde van Roland Garros deur Novak Djokovic uitgeskakel. Dit was net sy derde nederlaag op die Paryse klei, waar hy al 105 keer aan die wenkant was.

“Die kleibaanseisoen is altyd uitdagend. Dit was twee maande van groot inspanning en ek het besluit om na die lang termyn te kyk. Twee weke tussen die toernooie is nie genoeg om te herstel nie,” sê die tweemalige Wimbledonse kampioen.

Nadal spog ook met twee Olimpiese goue medaljes – ’n enkelspeltitel in 2008 in Beijing en een in die dubbelspel in 2016 in Rio de Janeiro, waar hy ook Spanje se vlagdraer was.

“Die Spele beteken altyd baie en is ’n prioriteit vir ’n sportpersoon. Dit versinnebeeld die gees van sport,” sê hy.

“Ek het die voorreg gehad om aan drie Speles deel te neem en was geëerd om my land se vlagdraer te kon wees.” – Reuters

Meer oor:  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.