Die verdedigende kampioen Alexander Zverev het Vrydagaand (SA tyd) sy plek in die halfeindronde van die ATP-eindtoernooi bespreek en in die proses vir Rafael Nadal uitgeskakel.

Alexander Zverev van Duitsland vier sy sege teen Daniil Medvedev van Rusland op die sesde dag van die ATP-jaareindtoernooi in Londen. Foto: Getty Images
Nadal, wat tydens die toernooi daarvan seker gemaak het dat hy die jaar as die voorste spelers in die wêreld sal afsluit, sou moontlik met Roger Federer in die halfeindronde moes swaarde kruis indien die Rus Daniil Medvedev vir Zverev kon klop.
Dit het egter nie gebeur nie met Medvedev, wat vroeër uitgeskakel is toe Nadal vir Stefanos Tsitsipas met 6-7 (7/4), 6-4, 7-5 geklop het, wat deur Zverev geklop is.
Zverev het dié stryd met 6-4, 7-6 (7/4) gewen om tweede in sy groep te eindig.
Zverev se oorwinning het hom, Nadal en Tsitsipas elk met twee seges en ’n nederlaag gelaat, met Nadal wat uitgeval het.
Dit beteken dat Tsitsipas nou vir Federer, wat ’n sewende titel teiken, Saterdagmiddag in die halfeindronde sal pak, met die Duitser wat teen Dominic Thiem te staan sal kom daarna.
Die halfeindstryde is om 16:00 en 22:00 en Sondag se eindstryd sal om 20:00 beslis word.
Nadal sal hom nou aansluit by Spanje se span in Madrid vir die eerste weergawe van die Davisbeker-eindrondes.
“Dis natuurlik iets spesiaals, iets nuuts. En wanneer dit iets nuuts is, moet jy reg wees vir iets onverwags,” het Nadal oor dié kompetisie gesê.
“So, kom ons kyk. Kom ons kyk hoe dinge sal werk. Ek is seker hulle het iets gedoen wat goed en baie spesiaal sal wees, nog meer so omdat ek in Spanje kan speel.” – Sportredaksie, Sport24