Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nadal verloor in skoon stelle teen Zverev

Rafael Nadal weier om verskonings te maak nadat die verdedigende kampioen, Alexander Zverev, hom Maandag op die ATP-jaareindtoernooi in skoon stelle afgestof het.

Rafael Nadal se ATP-jaareindtoernooi het nie goed begin nie. Foto: Getty Images

BBCSport berig die Spaanse eerste gekeurde, wat nog nooit die toernooi in Londen kon wen nie, is met 6-2, 6-4 deur die Duitser in die O2-arena geklop.

Nadal is in ’n stryd met Novak Djokovic gewikkel om die jaar boaan die wêreldranglys af te sluit, maar blyk nog te sukkel met ’n maagbesering wat hom genoop het om hom verlede week in die halfeindronde van die Parys-meesterstoernooi te onttrek.

Dit was die 33-jarige wenner van 19 Grand Slam-titels se eerste nederlaag in ses kragmetings teen Zverev (22), wat nie ’n enkele breekpunt in die wedstryd afgestaan het nie.

Zverev het 26 wenhoue gemoker – dubbel die hoeveelheid van sy teenstander.

“Die fisieke kwessie is glad nie ’n verskoning nie,” sê Nadal.

“Die enigste verskoning is dat ek vanaand net nie goed genoeg was nie.

“Wat saak maak, is dat ek oor twee dae baie beter vertoon. Ons het besef dit gaan taai wees, want die tydsverloop tussen my besering en vandag se wedstryd was baie kort, maar hier is ons, besig om ’n poging aan te wend.”

Die Griek Stefanos Tsitsipas het die vroeër wedstryd in Groep Andre Agassi teen Daniil Medvedev van Rusland met 7-6 (7/5), 6-4 gewen.

Nadal staan nou voor ’n opdraande-stryd om die halfeindronde te haal, met groepwedstryde teen Tsitsipas en Medvedev wat op hom wag.

Die Spanjaard het die afgelope 15 jaar agtereenvolgens vir die jaareindtoernooi gekwalifiseer, maar het weens beserings slegs nege verskynings gemaak.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Rafael Nadal  |  Atp-Jaareindtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.