Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nadal werk hard vir oorwinning

Rafael Nadal het ’n wipwaentjierit van ’n wedstryd teen Marin Cilic oorleef en het daarin geslaag om te kwalifiseer vir Sondag se Sjanghai-meesterseindstryd.

Rafael Nadal het die eindstryd van die Sjanghai-meesters gehaal. Foto: Getty Images

Hy kan moontlik teen Roger Federer in die eindstryd te staan kom.

Die Spanjaard, ook die wêreld se voorste speler, het vir Cilic met 7-5, 7-6 (7/3) in ’n spannende kragmeting geklop. Indien Nadal, wat tans uitstekende spelpeil het, Sondag seëvier, sal dit die eerste keer wees wat hy die Sjanghai-meesters wen.

Federer speel Saterdag in die ander halfeindstryd teen Juan Martin del Potro van Argentinië. Del Potro het homself vir die wedstryd fiks verklaar nadat hy sy gewrig in die kwarteindstryd beseer het.

Cilic kon nog net een keer in vyf vorige kragmetings vir Nadal ore aansit, maar hy het die Spanjaard Saterdag hard laat werk vir die oorwinning.

Nadal, wat ’n sewende titel vir die seisoen jaag, het Cilic van meet af aan onder druk geplaas.

Cilic (29), wat die Amerikaanse Ope in 2014 gewen het, het egter sy spel opgetel, maar dit was nie genoeg om ’n tweede oorwinning teen Nadal te verseker nie. – Sport24

Meer oor:  Marin Cilic  |  Rafa Nadal
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.