Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nadal wil oefen, dalk klaar met seisoen
Rafael Nadal spreek die media toe na sy nederlaag teen Viktor Troicki. Foto: Getty Images

Rafael Nadal oorweeg om sy seisoen vroeg te eindig en te fokus op die oefenbaan in ’n poging om sy spelpeil voor volgende jaar te herwin.

Die Spanjaard (30), ’n wenner van 14 Grand Slam-titels, het baie bekommerd gelyk ná sy nederlaag met 6-3, 7-6 (7/3) teen Viktor Troicki in sy eerste wedstryd by die Shanghai-meesterstoernooi.

Nadal kon sedert hy sy tweede titel van die jaar in Barcelona in April verower het, nie weer ’n eindstryd haal nie.

“Ek weet nie wat in die volgende paar weke gaan gebeur nie. Dit is iets waaroor ek moet besin,” het Nadal, vyfde op die wêreldranglys, Woensdag gesê.

“Soms is dit nie die oplossing om aan te hou meeding nie. Soms is die oplossing om te stop en net te oefen.”

Nadal se nederlaag teen Troicki, die eerste van sy loopbaan teen die Serwiër, kom slegs ’n week nadat hy in die kwarteindronde van die China Ope in skoon stelle deur Grigor Dimitrov geklop is.

Die tekens is daar dat die Koning van Klei, wat sy laaste major by die Franse Ope in 2014 kon wen, se spelpeil agteruitgaan.

– SuperSport

Meer oor:  Rafael Nadal  |  Rafa Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.