Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nadal wys sy teenstanders moet pasop
Rafa is terug! Rafael Nadal het ’n indrukwekkende oorwinning in sy eerste mededingende wedstryd in 200 dae behaal. Foto: AP

As daar nog enige twyfel by Rafael Nadal se aanhangers was oor sy gereedheid om eersdaags jag op ’n 13de Franse Ope titel te maak, het hy dit Woensdagaand in Rome op klinkende wyse uit die weg geruim.

Nadal, wat sy eerste mededingende wedstryd in 200 dae gespeel het, het sy landgenoot Pablo Carreño Busta in die tweede ronde van die Italiaanse Ope (Nadal het ’n loslootjie in die eerste ronde gehad) met 6-1, 6-1 afgeransel.

Wat dié oorwinning so indrukwekkend maak, is dat Carreño Busta g’n hierjy is nie en trouens verlede week die halfeindronde van die Amerikaanse Ope in New York gehaal het. Boonop was dit Nadal se eerste mededingende stryd op klei in 465 dae!

Die 34-jarige het ná sy oorwinning gesê dit voel goed om weer in ’n tennistoernooi te speel, hoewel dit vir hom vreemd was om weens Covid-19-inperkings in ’n leë stadion te speel.

As dit hom op die baan gepla het, het Nadal egter geen teken daarvan gewys nie, want hy het Carreño Busta in net 73 minute geklop. Dit het 20 wenhoue ingesluit, terwyl Carreño Busta 28 ongedwonge foute gemaak het.

“Ek het goed gespeel en hy (Carreño Busta) was dalk ’n bietjie moeg nadat hy ’n baie goeie toernooi in New York gehad het. Dit was egter die volmaakte begin vir my.”

Nadat die 18-jarige Italianer Lorenzo Musetti Dinsdagaand in Rome ’n opskudding veroorsaak het deur die strydros Stan Wawrinka in die eerste ronde ore aan te sit, het nog ’n Italiaanse tiener, Jannik Sinner, Woensdag die kollig gesteel.

Die 19-jarige Sinner, ’n promotorskeuse, het die derde gekeurde Griek, Stefanos Tsitsipas, met 6-1, 6-7(9), 6-2 getroef. Tsitsipas het ’n yslike 58 ongedwonge foute in die wedstryd gemaak.

Vroeër het Novak Djokovic ook die herinneringe van sy diskwalifikasie in die Amerikaanse Ope uit sy gestel gekry deur ’n maklike oorwinning oor nog ’n Italiaanse promotorskeuse, Salvatore Caruso, te behaal. Djokovic was met 6-3, 6-2 baas.

Die Italiaanse Ope dien as belangrike voorbereiding vir die Franse Ope, wat vanjaar – weens die Covid-19-pandemie – op die ongewone datum van 27 September in Parys begin. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.