Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Naïef om te dink ek gaan weer bo uitkom’

Andy Murray sê dit sou “naïef” en “verspot” wees om te dink dat hy ooit weer die speler sal wees wat destyds die boonste plek op die wêreldranglys syne gemaak het.

Andy Murray sê hy is nie meer bekommerd oor wat die lewe sonder tennis inhou nie. Foto: Getty Images

Die 32-jarige Brit, wenner van drie Grand Slam-titels, het sover vanjaar hoofsaaklik in die dubbelspel meegeding en speel uiteindelik weer “sonder pyn” nadat hy in Januarie ’n heupoperasie ondergaan het wat sy loopbaan gered het.

BBCSport berig Murray sit sy lang pad om terug te keer in die enkelspel vandeesweek in die Zhuhai-kampioenskap in China voort.

“Ek verwag nie om weer my allerbeste te wees nie,” sê hy. “Ek dink dit sou ’n bietjie naïef en verspot wees om te dink dat dit die geval sal wees.

“Ek dink wel dat ek weer op die hoogste vlak sal kan meeding as dit van my vaardighede afhang, maar dit is ’n ander storie om fisiek die standaard te bereik om met die bestes te kan saamgesels.”

Die voormalige wêreld-nommer-een, 413de op die wêreldranglys, sê hy het nog ’n paadjie om te loop.

Ek geniet dit om terug te wees, maar as ek nie aanhou verbeter nie, sal ek ’n besluit oor my toekoms in die sport moet neem.

“Tennis was nog altyd ’n groot deel van my lewe, maar ek het besef dat gesondheid uiteindelik die belangrikste vir ’n gelukkige lewe is. Ek was altyd bekommerd oor my lewe ná tennis, maar nie meer nie.

“Ek het die laaste paar maande ’n blik op my toekoms sonder tennis gekry en dit was wonderlik – kuier saam met vriende en familie en dit was briljant.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.