Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Naomi Osaka kry haar eie Barbie-reeks

Die Japannese tennisster Naomi Osaka spog nou met haar eie reeks Barbie-poppe.

Mattel het ’n Barbie-pop bekendgestel wat geskoei is op die tennisster Naomi Osaka. Foto: Getty Images

Die 23-jarige wenner van vier Grand Slam-titels, wat haar aansien gebruik om aandag te vestig op polisiegeweld en rasseongelykheid, is nou deel van Mattel Inc. se veldtog om sy ikoniese speelgoedreeks meer divers te maak met poppe wat geskoei is op verskillende rolmodelle en beroepe.

“Dit is ’n groot voorreg om deel te wees van die Barbie-rolmodelreeks en om jong meisies te herinner hulle kan ’n verskil in die wêreld maak. Ek wil hê jong meisies oral moet bemagtig voel en groot droom,” sê Osaka, tweede op die wêreldranglys.

Mattel se betrokkenheid by Osaka is die nuutste voorbeeld van handelsmerke wat meer gemaklik raak daarmee om standpunt in te neem oor maatskaplike kwessies en staatmaak op vennootskappe met sportvroue om nuwe klante te lok.

Die kleremaker Gap Inc. se Athleta-handelsnaam het in April ’n vennootskap gesluit met die Olimpiese gimnas Simone Biles vir ’n nuwe klerereeks met ’n fokus op diversiteit en inklusiwiteit.

Mattel het ook Barbie-poppe wat geskoei is op die Amerikaanse sokkerster Alex Morgan en Olimpiese skermer Ibtihaj Muhammad.

“Barbie is daartoe verbind om werklike rolmodelle te vier . . . merkwaardige vroue wat grense afbreek en die volgende generasie inspireer,” sê Mattel in ’n verklaring.

Die Osaka-pop is uitgerus in ’n Nike-tennisuitrusting en ’n raket.

Osaka, wat Wimbledon misgeloop het nadat sy haar weens kommer oor haar geestesgesondheid aan die Franse Ope onttrek het, neem later vandeesmaand deel aan die Olimpiese Spele in Tokio.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Barbie  |  Tennis  |  Naomi Osaka  |  Geestesgesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.