Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Net Federer kan besluit dis tyd, meen Becker

Boris Becker glo Roger Federer het die reg verdien om self te besluit wanneer die tyd reg is om uit te tree.

Boris Becker (regs) sê dit is Roger Federer se eie keuse wanneer hy wil uittree. Foto: Getty Images

Becker, wenner van ses Grand Slam-titels, meen die Switserse tennislegende is veronderstel om die keuse te maak sonder druk van buite af. Die Duitser erken egter Federer se planne het dalk ná afloop van sy nederlaag in die kwarteindronde by Wimbledon verander.

“Roger (Federer) het die reg verdien om op sy eie terme vaarwel te roep,” sê Becker.

“Hy is die gewildste speler in die geskiedenis van die sport en het die belangstelling in tennis oor die wêreld heen ’n hupstoot gegee. Hy het meer vir die spel gegee as enigiemand anders.

“Ek glo hy het aanvanklik beplan om nog volgende jaar mee te ding, maar ek twyfel of dit steeds die geval is.”

Federer het vanjaar slegs 13 mededingende wedstryde gespeel nadat hy teruggekeer het van twee knieoperasies in Maart. Die wenner van 20 majors is uitgeboender deur Hubert Hurkacz by Wimbledon, ’n titel wat in die Switser se visier was.

“Roger en Rafa (Nadal) se mededinging het mekaar deur die jare aangespoor en dit sal interessant wees om te sien of dit ’n invloed gaan hê op die Spanjaard wanneer hy volgende maand vir die Amerikaanse Ope aantree,” sê Becker.

“Hulle sal bewus wees van die feit dat die spelers 10 jaar jonger as hulle almal aan die verbeter is – dit is nou Novak (Djokovic) en die res wat hom jaag.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis  |  Boris Becker  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.