Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
New York wen WTT 1ste keer ná hoogdrama

Die New York Empire, verlede jaar se verslane finalis in World Team Tennis (WTT), het vanjaar se toernooi – sonder Kim Clijsters – op dramatiese wyse met ’n supervalbylstryd teen die Chicago Smash beklink.

CoCo Vandeweghe het ’n deurslaggewende rol in die dramatiese eindstryd van die WTT-toernooi in die VSA gespeel. Foto: Getty Images

New York se oorwinning met 21-20 Sondag in Wes-Virginië was ook sy eerste WTT-sege.

Clijsters (37) het ’n ligte besering opgedoen en wou dit nie vererger voor die Western & Southern-ope en Amerikaanse Ope nie. Haar plaasvervanger, CoCo Vandeweghe, het haar enkelspelwedstryd verloor, maar aan die einde, in die beslissende dubbelspelwedstryd tussen die vroue, die wenhou gemoker. Sy is as die waardevolste speler van die toernooi aangewys.

Die spanne het albei ’n wedstrydpunt gehad. Chicago se Eugenie Bouchard en Bethanie Mattek-Sands het hul voorsprong in die dubbelspelstryd teen Vandeweghe en Nicole Melichar weggesmyt. Bouchard-hulle het met drie potte voorgeloop, maar die dubbelspelwedstryd met 4-5 verloor, waarna daar voortgespeel is om ’n wenner in die kragmeting te bepaal.

Asof die drama nie genoeg was nie, het Kamau Murray, Chicago se afrigter, Bouchard toe met Sloane Stephens vervang.

Vandeweghe se beslissende voorhandwenhou aan die einde met die supervalbylpot se telling op 6-6, is bevraagteken, maar die bal was net-net op die lyn. Dié wenhou was $500 000 werd. – wtt.com, Sportredaksie

Meer oor:  Kim Clijsters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.