Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Topspeler onttrek hom aan Spele
Denis Shapovalov sal nie na Tokio reis vir die Olimpiese Spele nie. Foto: Getty Images

Die Kanadese tennisspeler Denis Shapovalov, 12de op die wêreldranglys, het weens vrese oor die Covid-19-pandemie besluit om nie in die Olimpiese Spele in Tokio mee te ding nie.

Shapovalov (22) volg die voorbeeld van die Spanjaard Rafael Nadal en Dominic Thiem van Oostenryk wat hulle verlede week aan die sportskouspel onttrek het.

“Dit beteken vir my die wêreld om Kanada te verteenwoordig, maar ek en my span meen weens die huidige situasie dit is die beste besluit vir almal se veiligheid,” sê Shapovalov op Twitter.

“Ek kan nie wag om Kanada op toekomstige Spele te verteenwoordig nie.”

Shapovalov, wat verlede jaar die kwarteindronde by die Amerikaanse Ope gehaal het, was vanjaar weens ’n skouerbesering nie in die Franse Ope in aksie nie.

Hy het sedertdien in twee toernooie meegeding en Saterdag in die halfeindronde van die grasbaanbyeenkoms by die Queen’s-klub in Londen verloor.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tennis  |  Denis Shapovalov
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.